MAANDELIKSE VERGADERINGS |
Op die laaste Maandag van elke maand (uitgesluit
Deember) hou ons 'n vergdering in Die Waenhuis by Jagersbosch om
09:30. 'n Praatjie oor 'n interesante onderwerp word aangebied,
die spreker is 'n kundige of iemand wat die onderwerp ken. Die
praatjie is tussen 30 en 45 minute, die vergadering eindig
gewoonlik voor 11:00. |
Die praatjie is in Afrikaans of Engels en daar is gewoonlik
'n PowerPoint voorlegging. |
Maandag 27 Junie 2022 DIE LEWE EN WERK VAN LISE MEITNER -
DIE SPLYTING VAN DIE ATOOM. |
Johan van Staden |
Johan van Staden, emeritus professor van Fisika, Universiteit
Pretoria, vertel ons van die lewe en werk van Lise Meitner en
die splyting van die atoom. |
Die praatjie is ’n terugblik op die opwindende tydperk in die
geskiedenis van die natuurwetenskappe aan die begin van die
20ste eeu. Die sentrale figuur is die Oostenrykse fisikus Lise
Meitner. Hoewel die ontdekking dat die Uraan atoom gesplyt kan
word deur historici aan haar toegeskryf word, het sy nie dadelik
daarvoor erkenning gekry nie en moes toesien hoe ander haar werk
gebruik om die atoombom te maak. Die ontdekkings en gebeure
speel af teen die agtergrond van die eerste en tweede wêreld
oorloë. |
|
WEBINARS & ZOOM PRAATJIES |
Lede van alle U3A's in Suid-Afrika kan nou aanlyn webinars en
Zoom praatjies bywoon in 'n Google vouer, U3A Suid-Afrika. Daar
is 'n seksie vir elke U3A, julle kan dié deurgaan vir
interessante onderwerpe. |
»
Klik hier
vir die U3A Suid-Afrika webinar blad. |
As ons voldoende vooraf kennisgewing ontvang van webinars
en praatjies, sal ons die kennisgewing aanstuur aan lede op ons
Zoom praatjie lys.
Kontak ons by
info@u3astilbaai.org as u hierdie kennisgewings wil ontvang. |
|
Lesings op video of skyfievertoning. |
Die praatjie oor Filatelie is nou op YouTube. Die praatjie oor die Stilbaai Muggie is nou beskikbaar as 'n
skyfievertoning met vertelling. 'n Lesing oor Grondhervorming en
Grondhervorming is nou ook beskikbaar as 'n pdf skyfie
vertoning. 'n Vorige praatjie oor die
Gouriqua reaktor is op 'n reeks YouTube videos. |
Klik hier na die Maandelikse
Lesings blad waar die vertonings oopgemaak kan word. |